WOW events a success at Woordfees

Laykin Rudolph

The Words Open Worlds (WOW) projects at the Woordfees has been enriching learners’ lives for more than a decade. The project has assisted thousands of students over the years, notably helping students with funding to study at the university.

WOW event - Irshaad Ally, Shireen Crotz, Hildegardt Silkiewicz
PHOTO: Laykin Rudolph

Continue reading “WOW events a success at Woordfees”

Woordfees-integrasie steeds problematies

Tarryn Josephs & Nation Nyoka

Ondanks die Woordfees se pogings om die fees se grense uit te brei, is daar steeds sommige lede van die Stellenbosch gemeenskap wat uitgesluit voel.

The white sea - stefan.jpg
FOTO: Stefan Piek

Continue reading “Woordfees-integrasie steeds problematies”

Rock voort se bywoning is laer as laag

Christiaan du Plessis

Leë tafels in ’n leë saal. Dit was die toneel wat die afgelope week homself afgespeel het by die Woordfees se laataand-kuierplek, Rock voort.

Rockvoort - Stefan.jpg
Nick Turner en Schalk Joubert tree op by ’n leë Rock Voort. FOTO: Christiaan du Plessis

Rock voort is by die Laer as Laag-venue ingerig en sou dié partytjieplek se eerste bestaansjaar by die Woordfees wees.

“Die line-up is eers twee weke terug bevestig, daarom was daar nie genoeg tyd vir bemarking nie,” het Ingrid Blumge, lokaalbestuurder van Laer as Laag gesê. Blumge het ook vertel dat daar nie genoeg tyd was om Rock voort-vertonings in die amptelike Woordfees-feesgids te publiseer nie.

Laer as laag verander om 22:00 na Rock voort en bly tot laat oop. Toegang kos R60.

“Rock voort is nog in sy babaskoene en mense kort tyd om daaraan gewoond te raak,” het Anna-Mart Halderman, projekbestuurder van Harambee Tent Hotel vertel.

Harembee Tent Hotel, wat tydens feeste soos Oppikoppi en Innibos gebruik word, het die tydelike kroeg –en verblyf by Laer as laag opgestel.

Halderman vertel dat die dag-vertonings by Laer as laag dikwels uitverkoop word.

“Mense is gewoond daaraan dat die Woordfees tien-uur die aand eindig, daarom gaan hulle huis toe.”

Rock voort se kroeg kan tot middernag drank verkoop en mense kan kuier “tot hul klaar is”.

“Die idee is dat mense na die laaste shows wat elf-uur eindig, na die Rock voort-terrein sal kom om voort te kuier,” het Blunge gesê.

“Rock voort het ‘n indrukwekkende line-up, waaronder Bittereinder en Albert Frost,” het Bunge gesê. Sy het verseker dat Rock voort volgende jaar wéér by die Woordfees aangebied sal word.