Woordfees-integrasie steeds problematies

Tarryn Josephs & Nation Nyoka

Ondanks die Woordfees se pogings om die fees se grense uit te brei, is daar steeds sommige lede van die Stellenbosch gemeenskap wat uitgesluit voel.

The white sea - stefan.jpg
FOTO: Stefan Piek

Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees, het gevoel dat dit belangrik is om die breër Stellenbosch gemeenskap te integreer by die fees en om die aantal swart en bruin feesgangers se deelname te verhoog.

“Ons is tans by 18%, maar hopelik sal ons, ons teiken teen die einde van die week bereik,” sê Botha. Die doel was om die aantal swart feesgangers vanaf 12% na 20% te lig.

Die Woordfees bied ‘n reuse-verskeidenheid produksies aan wat vanjaar verder uitgebrei is na die breër Stellenbosch. Woonbuurte soos Idasvallei, Cloetesville en Kayamandi het vanjaar ook gasheer gespeel vir sommige Woordfees-produksies.

Die gebrek aan deelname van gemeenskapslede by dié produksies was egter opvallend.

“Daar is steeds ‘n skeiding tussen die feesgangers en die lede van die gemeenskap, daar was ook geen reklame-veldtog in Cloetesville nie. Ek het maar net toevallig by ‘n skool die program van die fees gesien,” het die Breughel-teaterbestuurder, Carol Lackay, gesê.

Lackay het bygevoeg dat daar ook nie genoeg moeite gedoen word om arm gemeenskapslede toegang tot die produksies te gee nie.

“Daar is baie produksies waar daar omtrent 50 sitplekke oop is en dit word glad nie vir die gemeenskap gegee nie. Die kaartjies is eenvoudig net te duur, wat dit net moontlik maak vir ‘n spesifieke gehoor om te kan bekostig,” het Lackay gesê.

Volgens Lackay sou dit ‘n verskil maak as die Woordfees meer betrokke raak by die gemeenskap en nie net gebruik maak van die dorp se fasiliteite nie. Selfs die verskillende produksies by die nuwe teaters is nie noodwendig toepaslik vir mense uit die gemeenskap nie en word telkens op ʼn ander mark gemik.

Verskeie inwoners van Idasvallei was nie bewus van die feit dat die fees ook hierdie jaar in dié woonbuurt plaasgevind het nie.

“Ek ry elke dag verby die skoolsaal, maar daar is nie ‘n enkele teken dat daar produksies plaasvind nie,” het Viola Anthony, inwoner van Idasvallei, gesê. Anthony voel ook dat die jaarlikse WOW-karnaval al gebeurtenis is waarvan sy weet, omdat dit so populêr onder die Stellenbosch-gemeenskappe is.

 “Daar is verskeie groepe wat in Stellenbosch bly en ons integreer nie genoeg nie. As ons ‘n gedeelte van die gemeenskap uitsluit sal daar vir altyd ‘n skeiding bly en wit mense sal nooit na die plakkerskamp gaan nie,” verduidelik Rien Hoppenbrouwer, ‘n Nederlander wat die derde keer die fees bywoon.

Botha se slotopmerking was dat alhoewel die Woordfees se houding met die inwoners van Kayamandi, Cloetesville en Idasvallei kan verbeter, is dit nie moontlik om dit in een jaar te doen nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s