Olimpiese atleet wen sy derde straatmyl

Anina Visser

Victoriastraat –Die sesde Dagbreek Maties-straatmyl is op 5 Maart hier gehou.

Johan Cronjé - Straatmyl2.jpg
FOTO: Anina Visser

Die wenner van die hoofwedloop hierdie jaar was Johan Cronjé (33), die Olimpiese atleet wat verlede jaar ook die wedloop gewen het. Cronjé sê hy is teleurgesteld in sy tyd (4:04 min) en skryf dit daaraan toe dat hy blind gehardloop het en nie die kommentator kon hoor om sy vordering te bepaal nie. Cronjé, wat spesialiseer in 1500m wedlope, sê egter hy geniet die straatmyl baie omdat dit meer ontspanne is as ander wedlope.

Anneline Roffey (34) van Durbanville was die wenner van die dameswedloop in die elite-kategorie.

“Dit was my eerste straatmyl, maar ek gaan dit beslis weer kom hardloop,” het ’n trotse Roffey ná haar sege gesê.

Volgens Francois Fouché, ondervoorsitter van die Oud-Dagbreekbond, word die wedloop jaarliks aangebied te ere van De Villiers Lamprecht, ’n oud-inwoner van Dagbreek. De Villiers was in 1964 die eerste Suid Afrikaner wat ’n mylwedloop onder vier minute kon aflê.

Die straatmyl is al van 2011 af ’n hoogtepunt op die Woordfees-kalender omdat dit atlete van alle ouderdomme betrek. James Klerck, die Dagbreker in beheer van die straatmyl, sê hierdie jaar se straatmyl was besonders uniek omdat daar vir die eerste keer ook ’n longboard-wedloop ingesluit is in die dag se verrigtinge.

Bekendes wat die geleentheid bygewoon het, was die akteur Jan-Hendrik Cronjé, Johan se broer, bekend vir sy rol as Lukas van 7de Laan. Jan-Hendrik het saam met sy vrou, Danél, en babadogter, Annabel, sy broer kom ondersteun.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s