Vertaling sit nie in enigiemand se broek nie

Bea Lingenfelder

Om ’n stuk vir die verhoog aan te pas sit nie in enigiemand se broek nie. Dit kom met baie uitdagings. LIP het met kenners gesels oor wat die vertaling- en verwerkingsproses in teater behels.

Vertaling en Verwerking 01.jpg
Mariaan (Tinarie van Wyk Loots verduidelik vir Roelof (Paul du Toit) kosmologie in Hemelruim. FOTO: Bea Lingenfelder

Continue reading “Vertaling sit nie in enigiemand se broek nie”

Advertisements

Neels van Jaarsveld ‘Raka’ bietjie persoonlik

Tarryn Josephs

Elke woord is soos goeie wyn, jy moet dit stadig drink en ook so ten toon stel.

DSC_1731.jpg
Neels van Jaarsveld krul sy lyf soos ’n aapmens in Raka. FOTO: Bea Lingenfelder

Dít is hoe Neels van Jaarsveld sy nuwe rol in die nuwe verhoogverwerking van NP van Wyk Louw se epiese gedig Raka, beskryf.

“Raka is nie iets wat jy halfhartig kan aanpak nie, want daar is altyd ’n risiko dat alles nie volgens plan gaan verloop nie. Dit was op baie vlakke ’n uitdagende proses vir my, maar ook wonderlik om saam met my nooi te werk,” het hy gesê.  Sy meisie, Jeanne Flynn, was deel van die Raka-produksiespan.

Van Jaarsveld was al in ongeveer 100 teaterproduksies. Sy eerste professionele produksie was by Stellenbosch Universiteit (SU).

Volgens hom verander ʼn mens elke dag as akteur, omdat daar soveel goed is wat jou affekteer.

“Jy distansieer jouself van wie jy as mens is, om rolle te vertolk. Ek leef myself in daardie rolle. Dit is so ’n unieke ervaring dat dit moeilik is om in woorde te sit.“

Die karakters verlaat nie heeltemal jou gedagtes nie, omdat dit altyd in jou onderbewussyn bly. Hy sê dat dit belangrik is om die verskillende rolle wat jy speel in afskortings te sit. “Dit is ’n vaardigheid wat ek oor die jare geleer het, om te keer dat ek nie myself vernietig nie.”

Volgens Van Jaarsveld was hy bevoorreg om eers met toneel te begin en daarna televisie te doen. “Daar is waardevolle lesse wat jy op die verhoog aanleer.” Hy glo ʼn mens leer baie selfvertroue op die verhoog en dat jy ook jou spelvernuf verbeter. Verder moet jy jouself so goed moontlik moet voorberei sodat jy nie enige foute maak nie.

Van Jaarsveld sê dat Raka iets is wat hom altyd sal by bly. Elke akteur wat betrokke was moes wroeg met hulle eie Raka, hulle eie duiwels wat kwel aan die binnekant.

“Daar is so baie slegte goed wat daar buite aangaan, maar tog ook so baie goeie goed. Die swart van die lewe raak so oorrompelend dat jy nie meer die lig kan sien nie. Dit is eintlik ‘n mooi wêreld, maar ons inner Raka’s het oorgevat.”