Yolande Korkie: Elke mens het ’n Al-Kaïda

Janie du Plessis

Elke mens word deur iets in sy lewe gevange gehou. Wie of wat is jou Al-Kaïda?

Yolande 1.jpg
FOTO: Janie du Plessis

Dít is wat Yolande Korkie, skrywer van 558 dae in Jemen, by lesers wou weet tydens ʼn bespreking van haar boek.

Korkie en haar man, Pierre, is albei deur dié terroristegroep gyselaar gehou. Yolande is ná 228 vrygelaat maar Pierre is na 558 in ʼn vrylatingspoging saam met die Amerikaanse fotograaf, Luke Somers, doodgeskiet.

Korkie het al vroeg in haar ontvoering besluit om die boek te skryf.

“Ons het dit eers vir die kinders en kleinkinders gedoen, om vir hulle te vertel wat met ons gebeur het,” het sy gesê.

Korkie het gesê die boek praat met verskillende mense; verskillende geslagte, ouderdomme en gelowe.

“Dit is nie ‘n Christelike boek nie. Elke mens kan iets uit die boek kry.

“Ek het agtergekom dit is nie my storie nie, dit is nie Pierre se storie nie, dit is die Here se storie.”

Korkie het gesê haar boek is ‘n manier om terug te gee aan almal wat hul bygestaan het deur die ontvoering.

“Mense het saam met ons geleef in daardie tyd. Ek wil vir hulle wys waarin hulle hul energie belê het.”

Talle Suid-Afrikaners het saamgespan om die Korkie-gesin te help en het sodoende R1.7 miljoen ingesamel ten bate van Pierre se vrylating. Die geld word nou deur die gesin gebruik om ʼn nuwe begin te maak.

Sommige tye was dit moeilik om met die boek aan te gaan. Korkie het gesê haar ondersteuningsnetwerke en om te “onthou waarheen jy op pad is” het dit moontlik gemaak om klaar te maak.

“God se prentjie, en die goue draadjie deur die storie was die belangrikste.”

Maretha Maartens, wat die boek vertaal, het gesê: “Dit is een van die merkwaardigste boeke waarmee ek in my lewe al gewerk het.”

Die terugvoer wat Korkie oor die boek kry is vir haar baie spesiaal.

“Ek is baie bevoorreg om te sien hoe die Here mense deur die boek raak,” het sy gesê.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s