WAT vier 90 jaar met groot sukses

Karin Hammond

Die 90ste verjaarsdag van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is tydens die Woordfees met ʼn luisterryke konsert en ʼn drieledige gespreksreeks gevier.

Lize Beekman - Walter Botha.jpg
FOTO: Walter Botha

Tydens dié konsert het Leon van Nierop, bekende skrywer en resensent, dele van  die geskiedenis van Suid-Afrikaanse musiek met die gehoor gedeel.

Van Nierop se vertelling is afgewissel met verwerkings van liedjies soos Hoe ry die boere, Sonvanger en Lisa se Klavier. Sangers soos Chris Chameleon, Koos Kombuis, Louis Loock, Lize Beekman en Albert Frost het die gehoor om die beurt vermaak.

Melissa van der Spuy, regisseur van die konsert, sê musiek en taal is “met mekaar verbind soos ’n koeksister”.

Met die beplanning van die konsert het Van der Spuy ‘n kenner van Suid-Afrikaanse musiek-geskiedenis, dr. Schalk van der Merwe, genader om te besluit watter liedjies belang dra en opgevoer moet word.

Die WAT-gespreksreeks se bywoning was so goed dat sommige mense weggewys is. In een gesprek is die gehoor gevra om hul sitplekke vooraf te bespreek om te voorkom dat mense weggewys word.

Dr. Willem Botha, redakteur en uitvoerende direkteur van die WAT, sê dat hulle die Aanlyn Wat in Mei sal aanvul met 700 van die nuwe Afrikaanse woorde wat ontstaan het sedert 1951, toe die eerste deel van die WAT gepubliseer is.

Voorbeelde van hierdie woorde is app (en toep), banting, beurtkrag, blog, blogger, blues, bogge, bokswyn, breëband, emoji, emotikon, e-tol, gabba, geelkaart, rooikaart, haatspraak, hidrobreking en hommeltuig.

Botha sê hulle sal ook vanjaar ’n nuwe Etimologiewoordeboek van Afrikaans die lig laat sien.

As deel van sy verjaarsdagvieringe gaan die WAT ook op 9 April ’n partytjie in die Stellenbosch Universiteit (SU) Konservatorium hou met ‘n opvoering deur Zorada Temmingh en Elna van der Merwe.

 

Musikante by die WAT: A-Z musiekkonsert beantwoord die vraag, “Watter Afrikaanse frase uniek tot die taal staan vir jou uit?”

WAT A-Z 1
Chris Chameleon

“‘Daar’s ’n drol in die drinkwater.’ Alliterasie, plat in voeling met die gees van Afrikaans en deesdae skynbaar meer gereeld van betrekking tot hedendaagse gebeure.”

– Chris Chameleon

 

 

 

 

Louis Loock_foto Walter Botha
Louis Loock

“Ek gaan jou neuk.”

 

– Louis Loock

 

 

 

 

 

Lize Beekman_foto Walter Botha
Lize Beekman

“Die son sal weer skyn.”

 

– Lize Beekman

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s