Van Coke bly eers solo vir nou

Stefan Piek

Neethlingshof. – Francois van Coke het nie geweet wat om van sy gehoor by die Woordfees te verwag nie. “Al wat ek weet van Woordfees is dat ons hier optree,” hy hy laggend aan Lip gesê.

Francois van Coke 02.jpg
FOTO: Stefan Piek

Van Coke, wat bekendheid verwerf het as voorsanger van Fokofpolisiekar (FPK) en later ook Van Coke Kartel is deesdae meestal solo-sanger.

FPK het sowat 13 jaar gelede die stem van ‘n nuwe generasie jong Afrikaners geword.  Van Coke kry ‘n breë glimlag terwyl hy praat oor die FPK jare. Hy glo dat die band nogsteeds relevansie in sy lewe het – tot op ʼn punt. Hy geniet nog om die liedjies vir aanhangers te speel, maar hy dra nie meer die angs wat hy daardie jare in sy vertonings ingewerk het nie. “Mens kan nie altyd dieselfde bly nie. Ek is definitief nie meer dieselfde persoon wat ek toe was nie.“

Wanneer hy deesdae liedjies uit sy dae saam met FPK sing, voel hy “sommer weer jonk”, sê Van Coke. “Ek dink ek het die ideale van daardie tyd behaal.“

Van Coke is tans besig om te skryf aan sy tweede solo album wat die rakke in Februarie 2017 sal tref. “Ek wil regtig die band baie betrokke in die skryfproses hê. Dit moet voel soos ons album.“

Al lyk die sanger in die swart leerbaadjies soos dieselfde Francois van die FPK-dae kan mens hoor dat dit wel ʼn Francois is wat ouer geword het. Jy kan dit hoor in die musiek wat hy skryf en die feit dat die gehoor deesdae ʼn paar ouer mense by gekry het.

“Ek dink Toe Vind ek Jou, wat ek saam met Karin Zoid gedoen het, het my bloot gestel aan ʼn baie wyer gehoor.“

Volgens Van Coke is hy egter nou eers klaar met medewerkings.“Ek wil met die band saam wie ek elke aand optree werk.“

“Die uitdaging is om elke keer iets te maak wat anders klink, maar dit kom saam met hoe mens heeltyd leer in musiek.“

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s