Ses skakerings van Tinarie in één fees

Bea Lingenfelder

Die Boord. – Tinarie van Wyk Loots is moeg. Moeg van die vrou speel wie se man haar verneuk; uitgeput van die vrou speel wat oor en oor verkrag word deur haar geliefkoosde plaaswerkerfamilie; gedreineer van die vrou speel wat Nederland-Poolse Engels moet praat.

Tinarie van Wyk Loots 02.jpg
FOTO: Bea Lingenfelder

Teatergangers herken Van Wyk Loots se gesig in byna elke verhoogproduksie – veral op feeste. Die manier waarop sy haar geleenthede met albei hande aangryp word weerspieël in al die pryse wat sy reeds as aktrise ingepalm het. “Ek’s bitter bevoorreg om iets te doen waarvoor ek so lief is.”

Nico Scheepers, vertaler en regisseur van Hemelruim, noem haar ’n “spokie” wat tussen karakters wissel. Van Wyk Loots lag: “In hierdie jaar se Woordfees is ek beslis skisofrenies, omdat elke karakter wat ek speel, verskil hemelsbreed.”

Volgens Paul du Toit, mede-akteur in Hemelruim, is Van Wyk Loots een van daardie mense is wat jou altyd op die verhoog sal “vang”: “Almal maak foute, en ons het daardie vertroue dat as iets gebeur, sal sy my vang, optel en weer teruggooi sodat die dialoog weer kan aangaan.”

Vir Van Wyk Loots is uitputting ’n akteur se grootste vyand: “As jy moeg is, begin jy in jouself twyfel en jou fokus kwyn. As jy ’n fout maak, raak jy kwaad en in hierdie proses distansieer jy jou al hoe meer van opregtheid en eerlikheid teenoor jou span, jouself en jou gehoor.”

Volgens haar verkies sy beslis teater bó televisie. “Dit is heeltyd aan die verander en bly ’n uitdaging wat my dryf.”

Haar grootste ondersteuner is haar geliefde, Erik Holm. Sy wys na die tatoeëermerk op haar heup. Holm het dieselfde tatoeërmerk. Sy is baie trots op hul verhouding. “Partykeer raak ek moeg en dan raas hy met my omdat ek so hard werk, maar dan laat hy my net op sy skoot sit en bietjie huil en dan voel ek weer beter.”

Debora Steinmair het die toneelstuk Plant vir my ’n boom, André, wat handel oor die verhouding tussen André P. Brink en Ingrid Jonker, vir Van Wyk Loots en Holm geskryf. “Dit is ’n beautiful, gentle and magical uitbeelding van die twee mense se onvolmaakte tog pragtige liefde,” sê Van Wyk Loots.

Van Wyk Loots sê haar ervaring het gewys sy het drie “reëls” nodig om die toekoms binne te gaan: “Geld, goue tye en wysheid. Ek glo jy moet ten minste een van daai reëls as akteur hê.”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s