Schalk Bezuidenhout is vinnig op sy voete

Janie du Plessis

Laer as Laag – Komediant Schalk Bezuidenhout het nie weggeskram daarvan om tydens die Woordfees te spot met die onlangse “Purpleface”-insident aan die Universiteit Stellenbosch nie.

SchalkBezuidenhout 01.jpg
Bezuidenhout praat na sy vertoning met Lip oor pers gesigte en ’n komediant se pligte. FOTO: Joan van Dyk.

Bezuidenhout het tydens die fees sonder om te skroom gespot met dié kontroversiële insident én die “kaalborsprotes” wat tydens die fees plaasgevind het.

Hy sê dit is belangrik vir Suid-Afrikaanse komediante om hul gehoor te kan lees, en dan hul grappe daarvolgens te kan aanpas.

Bezuidenhout het verlede jaar tydens Lost in translation by Monte Casino in Johannesburg  die voorvertoning gedoen vir Trevor Noah, deesdae aanbieder van The Daily Show, op Amerikaanse televisie. Hy bewonder Noah vir die manier waarop hy sy gehoor kan lees.

“Ek haal soms grappe uit omdat die gehoor nie gepas is nie.  My grappe verskil afhangend van of dit ‘n jonger of ouer crowd is, en waar die vertoning gehou word,” sê Bezuidenhout.

“Ek het sekere materiaal spesiaal vir my vertoning in Stellenbosch geskryf. Dit maak hierdie ‘n spesiale show,” sê hy. Hy verwys byvoorbeeld na sy “Poekie-materiaal”.

“Hierdie is nou óns ding, iets spesiaals wat ek met my Woordfees-gehoor deel. Niemand anders gaan dit deel nie.”

Bezuidenhout sê wel daar is ‘n fyn lyn tussen wanneer jy ‘n grap oor iets kan maak en nie. Hy dink wel Suid-Afrikaners het ‘n baie goeie humorsin. “Dit is ‘n goeie manier vir ons om te deal met wat aangaan,” sê hy.

“Met standup is dit anders as toneelspel, want jy kan nie agter ‘n skrywer of karakter wegkruip nie. As jy iets sê, is dit jý wat dit sê,” sê Bezuidenhout.

Hy dink ook komediante word ligter opgeneem as ander mense. “Ek dink mense vat alles wat ‘n komediant sê met ‘n pinch of salt.” Dit is hoekom komediante grappe kan maak oor ras, maar nie die publiek nie.

Bezuidenhout sê dit is lekker om te sien wat die gehoor inhou, want dit beïnvloed die vertoning, en dit forseer hom om vinnig op sy voete te dink.

Aanhaling van die aand:

“I have a nipple stand and I’m not afraid to use it.”

(Na aanleiding van die kaalborsproteste van die Woordfees)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s