Resepte : ’n manier van onthou

Janie du Plessis

ATKV Boektent – Kos beteken herinneringe, familie en samesyn vir Suid-Afrikaners. So het talle wenners van Fleur du Cap-teaterpryse gesê by die bespreking oor die resepteboek Bravo! Bekende Akteurs se gunstelingresepte.

“Daar is niks wat jou ‘n tyd sό laat onthou, soos die reuk van kos nie,” meen Sandra Prinsloo. “Dit gee jou daardie warm gevoel van herinneringe, en vat jou terug na jou kinderjare.” Anthea Thompson het saamgestem dat resepte jou “terugvat na ‘n plek en tyd van onthou.”

Brendon Daniels het gesê kos is ook ‘n manier om liefde en omgee te wys in ‘n tyd van swaarkry. Hy het verwys na sy ma wat vir hom ‘n bakkie kos saamstuur as hy by haar kuier: ”Twee stukke skoon witbrood, en die laaste bietjie kerrie uit die pot.”

Resepte is spesiaal omdat dit ‘n deel van die geskiedenis vasmaak, het Anneke Muller, die uitgewer van die boek gesê. “Dit kan oor generasies aangegee word.”

“Resepteboeke is van die beste verkopers in Suid-Afrika. Dit vlieg van die rakke af,” het Jean Pieters van NB-uitgewers gesê.

“In Suid-Afrika gaan dit oor samesyn, saam sit om een tafel en stories deel. In ‘n tyd wat baie gejaag is, is kos en samesyn ‘n manier om almal rustig te maak,” het Muller gesê.

Dit is duidelik dat kos en resepte ook grootliks afkomstig van familie en herinnering is.

Mbulelo Grootboom het sy ouma se stampmielies onthou, Brendon sy familieresep vir “koolkos”, en Thompson haar ma se Russian bitkis.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s