Parow praat politiek

Tarryn Josephs

Vir Jack Parow, bekende kletsrymer (rapper), het die studenteproteste nou “ʼn bietjie te ver gegaan” en is universiteite nie meer die rustige plekke waaraan hy gewoond was nie.

Jack Parow Freeze frame.jpg
Jack Parow gesels oor politiek en sy biografie. FOTO: Dane Hansen

Parow was een van die sprekers tydens die Woordfees se skrywersfees waar hy oor sy boek Die ou met die snor by die bar gepraat het.

“Dis so nice om terug te wees in Stellenbosch. Hierdie plek is so spesiaal vir my,” sê Parow. “Dit is net hartseer wat deesdae gebeur by universiteite.”

Parow sê hy stem saam met die kernidee van die huidige studente-protesbewegings en dat rassisme bekamp moet word.

“Ek dink net dit het ’n bietjie te ver gegaan. Ons is nou by ’n punt waar ons kunswerke uitbrand soos by die Universiteit van Kaapstad en dit is nie noodwendig nodig nie.

“As ek gewoonlik by universiteite instap kry ek dadelik daardie rustige gevoel, maar die betogings het alles verander. Die mooi daarvan word nou oorrompel met waarmee ons vandag sit. Dit is maar ‘n moeilike onderwerp…”

Penguin Books het Parow vroeër genader om ‘n memoir te skryf oor wat hy al bereik het.

“Ek het eers baie getwyfel oor of ek genoeg bereik het in my loopbaan, maar toe besef ek dat daar niks is om te verloor nie. Ek meen, Penguin Books nader jou net een keer,” het Parow gesê.

Hy meen dat dieselfde proses plaasgevind het toe hy Cooler as ekke, sy eerste liedjie, geskryf het.

“As ek nou terug kyk is daar soveel goed wat ek sou verander aan die liedjie, maar ek moes myself leer om tevrede te wees met my werk. Ek sou nie hier sit vandag as ek nie daardie vrees oorkom het nie.”

Parow sê die musiekbedryf is ’n baie moeilik en dat jy jouself moet herinner hoekom jy in die eerste plek begin het.

“Dit is belangrik om te besef watter rol jy in die bedryf speel en om te besluit met watter tipe mense jy wil werk. Dit is maklik om jouself te verloor in die bedryf, maar solank jy jou eie prentjie van jouself behou behoort daar nie veel verkeerd te loop nie.”

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s