Ingrid Winterbach bly verslaaf aan woorde

Christiaan du Plessis

Dit is vir haar makliker om te skilder as om te skryf, sê die tweemalige Hertzogpryswenner van twee romans, Ingrid Winterbach.

IMG_8024.jpg
Ingrid Winterbach by haar skilderye. FOTO: Christiaan du Plessis

“Visuele kuns kommunikeer meer direk,” vertel Winterbach in haar ruim ateljee op die tweede verdieping van haar huis. Die laatmiddagson stroom deur die vensters en verlig haar skilderye wat teen die roomkleurige muur pryk.

“Woorde is op sy beurt so ontglippend – die oomblik as jy ’n woord neerpen roep dit al ander betekenisse op.”

Winterbach was dié week in twee gesprekke op die Woordfees te sien. Woensdag was sy en die skrywer Mandla Langa in gesprek met mekaar oor hul onderskeie benoemings vir die internasionale Emerging Voices Awards. Gister het sy oor haar nuwe roman, Vlakwater, gepraat.

Winterbach bly nou twee jaar in Jamestown op die buitewyk van Stellenbosch. “In Stellenbosch is daar baie aanspraak op my tyd, en ek kort afsondering om te skryf. Eintlik lewe ek ‘n afgesonderde lewe,” vertel Winterbach waar sy met gevoude arms sit. Effens terughoudend, sê sy sag: “As ek skryf is ek onbehaaglik, maar as ek nie skryf nie is ek meer onbehaaglik.”

Haar man, die kunstenaar en filosoof Andries Gouws, is altyd die eerste mens wat haar manuskripte lees. Hy sê Ingrid skryf aanhoudend. “Sy is baie krities en sy sê altyd as sy haar eie storie lees, moet dit haar interesseer.” Sy skryf onkonvensioneel en dit maak van haar ’n goeie skrywer, vertel hy.

Haar Hertzogprys-bekroonde boek, die Aanspraak van Lewende Wesens, is onlangs vertaal en het onder die titel It might get loud verskyn. Sy vertel dat sy al in Engels probeer skryf het, maar dat sy te “korrek” moes skryf. “In Afrikaans ervaar ek ‘n vryheid en ‘n spelerigheid, omdat dit my moedertaal is.

“Romanskryf vorder voetjie vir voetjie. Maar dis darem nie die heeltyd onbehaaglik nie. Mens kry oomblikke van bevlieging en deurbrake. Dis soos dobbel. Nege uit tien keer verloor jy, maar daardie een keer wat jy wen, maar dit alles die moeite werd. Daarom is ek hooked aan skryf.”

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s