Fondse beperk Afrikaanse film

Stefan Piek

Stellenbosch – ’n Tekort aan fondse in verskeie areas van Afrikaanse film en -televisie beperk die tipe inhoud wat aan die publiek verskaf word, reken Chris Vorster.

Vorster, dramalektor aan die Universiteit van die Vrystaat en skrywer van die televisiereeks, Plek van die Vleisvreters, voer aan dat befondsing ’n groot rol speel in die tipe films en televisiereekse wat dit tot op die skerm maak.

Chris Vorster_01
Chris Vorster en Hennie Jacobs in Twee Susters voor ’n byna leë saal. FOTO: Stefan Piek

“Die probleem is nie ’n tekort aan ambisie of talent in die industrie nie. Daar is ongelooflike kreatiewe breine in die Afrikaanse vermaakwêreld. Die probleem is dat beleggers nie die risiko wil neem om werk buite die genres wat geld maak te vervaardig nie,” sê Vorster.

Vorster sê dat die romantiese komedie en “slapstick”-genres die produkte met hoë produksie-waarde vir die Afrikaanse gehoor is.

“Daar is ’n waarborg dat mense kaartjies vir die flieks sal koop, so daar is geen geldrisiko betrokke nie,” sê Vorster.

Sy punt is uitgebeeld deur Katinka Heyns se stryd om geld te versamel vir Die Wonderwerker, wat handel oor die befaamde skrywer Eugène Marais.

“Al is die fliek hoe goed het sy nogsteeds amper 15 jaar gesukkel om fondse bymekaar te maak vir die vervaardiging.”

SW Strauss, redakteur by Homebrew Films, sê dat die draaiboeke van flieks ook ’n probleem is. Volgens Strauss word daar nie genoeg tyd aan die produksieproses spandeer nie.

“As jy kyk na Die Ontwaking kan jy sien dat die teksverwerking meer aandag nodig gehad het. Dit word ongelukkig alles bepaal deur hoeveel tyd fondse toelaat vir verwerking,” sê Strauss.

Vorster sit klem daarop dat daar steeds harde werk ingesit word in Afrikaanse film en televisie, maar dat daar nie finansiële vryheid toegelaat word om buite die norm te beweeg nie.

“Baie akteurs sal neerkyk op sepies soos 7de Laan, waar ek 15 jaar van my lewe betrokke was, tot hulle daar kom en besef dat dit ongelooflike harde werk is. Aan die einde van die dag is die industrie ‘n besigheid en besighede verskaf wat die weier publiek sal koop.”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s