Dean dien die verhoog

Lisa Lottering

Vir Dean Smith (22), hoofakteur in Die Gangsters, is stokpertjies en buitemuurse aktiwiteite wat nie met toneelspel veband hou nie, onnodig.

“Ek eet, slaap en lééf drama,” het Smith gesê. Hy het ook ‘n rol gehad in die toneelstuk Die dag is bros is hierdie jaar se Woordfees.

Copy of IMG_8981.jpg
Dean Smith en Adeline Lamohr. FOTO: Lisa Lottering

Vir Smith is toneelspel nie net ‘n beroep nie, dit is sy hele lewe. “Ek het nie toneelspel gekies nie, toneelspel het my gekies.”

Vroeër hierdie jaar het Smith ‘n Fiësta-teatertoekenning vir die beste manlike ondersteuningsrol Die dag is bros ontvang. ”Ek was geskok en ek kon nie glo dat ek gewen het nie.”

Smith het in Malmesbury grootgeword, waar drama nie deel van mense se allerdaagse lewe was nie. Nietemin was sy skool en sy familie sy grootste ondersteuningsnetwerke.

Sy liefde vir drama het begin in sy hoërskool jare, in Schoonspruit Sekondêre Skool. “As dit nie vir Schoonspruit was nie, sou ek nie so groot op toneelspel gewees het. Schoonspruit was ‘n skool vir die kunste,” het Smith gesê.

Hy het ook rugby gespeel op skool, maar drama was nog altyd sy eerste liefde. Volgens hom lewe hy vir die opwinding  van die verhoog, waar hy in ‘n ander wêreld kan ingaan.

“Ja, partykeer hou ek daarvan om al die aandag op myself te hê,” het hy grapperig bygevoeg.

By hierdie jaar se Woordfees het Smith die geleentheid gehad om met ervare akteurs soos Stian Bam en June van Merch te werk.

Auntie June is soos ‘n bal energie, en ek het baie geleer by haar. Ek is nie lui vir vra nie, so ek sal vir auntie June vra as ek met iets sukkel.”

Dit was ook die eerste keer wat Dean en sy meisie saam in ‘n produksie opgetree het.

“Dit kan moeilik wees, maar dit is ons beroep,” het hy oor hierdie ondervinding gesê. Hy verduidelik hoe Vashti Prins, sy meisie, wat Moeder Theresa in Die Gangsters gespeel het,  dit snaaks gevind het om te sien hoe sy karakter ‘n ander meisie op die verhoog soen.

“Sy het gesê dit is asof jy verneuk, maar wettiglik,” sê hy laggerig.

Smith sê hy wil nie “net ‘n stereotipiese bruin akteur” wees nie. Hy is vasberade om ‘n veelsydige akteur te wees, en dat hy op grond van sy talent, en nie sy kleur beoordeel sal word.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s