Olimpiese atleet wen sy derde straatmyl

Anina Visser

Victoriastraat – Johan Cronjé, Olimpiese atleet, was vir die derde jaar in ʼn ry die wenner van die Dagbreek Maties-straatmyl.

Straatmyl
Johan Cronjé, Straatmyl 2016 men’s winner

Cronjé (33) sê hy is teleurgesteld in sy tyd (4:04) en skryf dit daaraan toe dat hy blind gehardloop het en nie die kommentator kon hoor om sy vordering te bepaal nie. Cronjé, wat spesialiseer in 1500m wedlope, sê egter hy geniet die straatmyl baie omdat dit meer ontspanne is as ander wedlope.

Anneline Roffey (34) van Durbanville was die wenner van die dameswedloop in die elite-kategorie.

“Dit was my eerste straatmyl, maar ek gaan dit beslis weer kom hardloop,” het ’n trotse Roffey ná haar sege gesê.

Volgens Francois Fouché, ondervoorsitter van die Oud-Dagbreekbond, word die wedloop jaarliks aangebied te ere van De Villiers Lamprecht, ’n oud-inwoner van Dagbreek. De Villiers was in 1964 die eerste Suid Afrikaner wat ’n mylwedloop onder vier minute kon aflê.

Die straatmyl is al van 2011 af ’n hoogtepunt op die Woordfees-kalender. James Klerck, die Dagbreker in beheer van die straatmyl, sê hierdie jaar se straatmyl was uniek omdat daar vir die eerste keer ook ’n longboard-wedloop ingesluit is in die dag se verrigtinge.

Bekendes wat die geleentheid bygewoon het, was die akteur Jan-Hendrik Cronjé, Johan se broer, bekend vir sy rol as Lukas van 7de Laan. Jan-Hendrik het saam met sy vrou, Danél, en babadogter, Annabel, sy broer kom ondersteun.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s